Kyk, hierdie is nou tipies van die klas drama waarmee event organisers elke naweek te doen het. Bind alles vas, altyd…
Ek het gou na die event se start gaan loer oppad na ‘n trailbuiding workshop – regte plek, regte tyd haha
Kyk, hierdie is nou tipies van die klas drama waarmee event organisers elke naweek te doen het. Bind alles vas, altyd…
Ek het gou na die event se start gaan loer oppad na ‘n trailbuiding workshop – regte plek, regte tyd haha
Vra die Duitsers. Ek neuk nie met die Duitsers nie. Gaan check jou geskiedenis boeke. OK, hulle het ‘n paar f-ops gehad. Maar vandag luister ‘n ander span opgesweeptes na anner hero’s. Dit gebeur.
Dis nie verniet dat my pa Duitse karre ry nie. Hy ry ‘n Jetta. My vrou ry my kind rond in ‘n Jetta. Haar ma ry ‘n Jetta. As daar al Amorok bakkies met net so onner 100 000km (met volledige diensgeskiedenis) by Barons te koop was, sou ek ook ‘n Volksie gery het. Die Duitsers weet waarvan hulle praat.
So as hulle dan besluit het om die bergfiets ’n mountainbike te noem, is dit goed genoeg vir my. Ek het nie in 1989 ‘n bergfiets gesien en gese ek wil bergfiets ry nie. Dit was ‘n mountainbike. Motorbike is nie 2 woorde nie. So hoekom wil die Amerikaners dit as 2 woorde he? Mountain Bike. Give me a break (daais mos ‘n pun?) Net soos ons hierdie nuwe aktiwiteit ‘n naam moes gee, moes die duitsers ook. Al verskil is, hulle was slim toe hulle hom doop.
Polo, Rugby, Tennis. maklik. Mountainbike. Ammal verstaan. Ok die 1 woord ding het hulle so half gecorner maar hulle het net na die Engelse se eie taal gaan kyk en ‘n common-sense call gemaak. Een woord. Game over.
Net om alles te kroon het ‘n bietjie google nou aan die lig gebring dat die Belge en die Nederlanders hom ook mountainbike gooi. Daais onse mense. Einde van die debat.
Hierdie blog is ‘n poging om bietjie te mountainbike in Afrikaans. Soos ek hom geleer praat het. Probleem is dit was in Bellville. Net soos fokofpolisiekar en ’n paar Nude Girls. Nou’s dit darem so half cool om te se jys van Bellville maar net soos Charlize maar min vir Benoni se image gedoen het, raak ons Tygerberg hospitaal babas nie oormatig opgewonde oor hierdie nuutgevonde fame nie. Ons vloek ammal te veel, en meeste traai maak of hy van Welgemoed, Loevenstein of Tygervallei is. Sorrie manne – daais alles Bellville. Deal with it.
So, die f-woord mag dalk bietjie deurglip maar ons moet ophou maak asof niemand so praat nie. Hulle se nou fokofpolisiekar op die SAUK ook. Ek verwag verseker nie dat die HAT nou ‘n sug van verligting gaan slaak en hoopvol gaan kom aanklop om te sien of ons vertalings vir derailleur, crank, bottom bracket of headset kon opdink nie. Ek het nie ‘n issue met suiwer Afrikaans nie, ek het net grootgeword met mince en patties. So terloops – ‘n derailleur is ‘n jockey. As jy by JFK se customs control staan worry daai antie nie of jy brandstof of petrol in jou kar gooi nie. As jou Engels kak is kan jy maar netsowel ‘n frokkie dra sodat sy die ‘I love Osama’ tattoo op jou skouer ordentlik kan sien…
Ek kan lewe daarmee dat die fiets ‘n raam het. Frame pla my nie. Maar raam werk ook. Afrikaans 1 – Engels 0. Saal ook. Maar die saal heg aan die raam met ‘n seatpost. En die quick release maak hom vas.
As jy jou seatpost met ‘n allen bolt vasmaak omdat dit ligter is, gaan jy dalk sukkel om op hierdie blog enige nuwe tricks te leer. Jy’s tien teen een die ou wat hier by die 4x track oor die handlebar gedonner het oor jy nie jou saal wou laat sak nie – want die tool het in die kar gele. Ja, ek weet jy was ingeclip in die pedals.
So, ons ammal laaik mountainbikes (nou lyk die een woord darem swaar op die oog…maar ek het nou daai call gemaak) en so vir die fun gaan ek kyk watter observasies ek kan kwyt raak oor trails ry en die kultuur van mountainbike ry – op my manier. En dis downhill op singletrack – nie berg-af nie.
As ons dalk op die pad die jockey kan herdoop met iets gemakliker as kettingskuiwer of ratwisselaar - then by all means kom ons try. So ver gaan ek vir jockey.
Tjeers